Sold

VROEGHERFS

R10400,00

Mixed Media on Stretched Canvas

100 x 100 cm

Sold

Categories: ,

Description

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,

tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.

O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was,
of enkel jeug, en ydel was van die pyn;

laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

                                                         [N.P. van Wyk Louw]